Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in ’n streek soos suider-Afrika met ’n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog ’n paar honderd meer wat uit ander dele van die wêreld afkomstig is.