Woord vir Woord

Stemmet, Johan

EPUB

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos dié van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir dié gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe. Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!

R 200.00
9780143529019
1.85 mb
Afrikaans
2012-09-28
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.