Die Kinders se Madiba

Fraser, Sean

EPUB

Dit is die verhaal van hoe 'n jong Xhosa-veewagtertjie uit die groen heuwels van die Oos-Kaap Suid-Afrika se eerste swart president geword het. Toe hy in Johannesburg vir 'n prokureur gestudeer het, het Nelson Mandela meer en meer gesien hoe onregverdig die land se wette teenoor swart mense was, en hoe hulle daaronder ly. En die ergste was, hulle kon niks daaraan te doen omdat die wet swart mense verbied het om te stem vir 'n regering wat húlle wou hê. Daarom het Tata Mandela besluit om sy lewe daaraan te wy om te veg teen die regering se groot plan, apartheid. Apartheid het beteken dat wit en swart mense apart gehou is en dat wit mense die beste deel van alles gekry het. Sommer gou het Madiba se aksies hom in die moeilikheid laat beland, en uiteindelik is hy vir 27 jaar toegesluit. Maar toe hy daar uitkom, het alles verander, en hy het die eerste president van al die mense van die land, wit en swart, geword. Hy was 'n held vir almal in Suid-Afrika en oor die hele wêreld, en hierdie boek vertel sy storie.

R 80.01
9780143531166
3.16 mb
Afrikaans
2013-09-02
Penguin Random House South Africa
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.