Goeiemore, mnr Mandela

Grange, Zelda la

EPUB

Zelda la Grange het grootgeword as ’n ondersteuner van die reëls wat wit en swart skei. En tog sou sy Nelson Mandela se naaste vertroueling word, en liefde en respek ontwikkel vir hierdie man wat aan haar as ’n vyand voorgehou is. Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as die president se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem. Oupa. Zelda bring hier hulde aan Nelson Mandela soos sy hom geken het: Leermeester van wie sy haar belangrikste lewenslesse ontvang het. ’n Man wat nie die verlede oor sy hede sou laat heers nie. ’n Man vol respek en vergifnis teenoor almal, maar wat ook openhartig, reguit en ’n terggees kon wees. Terwyl hy sy land vernuwe het, het hy Zelda ook uit ’n geslote wêreld van vrees en wantroue bevry en betekenis aan haar lewe verleen. Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

R 145.00
9780143531609
3.66 mb
Afrikaans
2014-06-19
Penguin Random House South Africa
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.