Mynie Speel met Vuur

Steffens, Mynie

EPUB

Mynie Steffens bely in haar eie woorde sy is ’n selferkende braaiverslaafde en kook al sedert sy 10 jaar oud was, op die vuur! “Alles smaak soveel beter as dit op die vuur gaargemaak word,” sê sy. “Ek soek altyd enige moontlike verskoning om ’n indrukwekkende, dag lange braai te reël.”
Danksy die ervaring wat sy oor reis en braai opgedoen het tydens haar TV-kosmaakprogram “Speel met vuur”, asook deur spyseniering vir private braaigeleenthede, het Mynie besluit om haar idees verder te voer. Die resultaat is hierdie kookboek van braaiproe-spyskaarte – die beste braaivermaak ooit. Mynie nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite!
Hetsy jy dus ’n braaigroentjie is of jouself as ’n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.

R 290.00
9781432311315
43.17 mb
English, Afrikaans
2021-09-01
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.