Mugabe en die wit Afrikaan

Freeth, Ben

PDF

Sedert president Mugabe in 2000 sy gewelddadige grondbeslagleggingsprogram van stapel gestuur het, is duisende wit boere en hul gesinne gedwing om al hul besittings agter te laat en uit Zimbabwe te vlug. Ben Freeth en sy skoonpa, Mike Campbell, wat meer as dertig jaar lank op hul eie grond gewoon en geboer het, was egter nie van plan om bes te gee nie. Hulle het Mugabe in internasionale howe die stryd aangesê - ’n wanhopige stryd waarvoor hulle bitter duur sou betaal. Mugabe en die wit Afrikaan is ’n eerstehandse beskrywing van die waansin waarin Zimbabwe gedompel is terwyl Mugabe se trawante landbougrond verwoes, plaastoerusting gesteel, diere doodgemaak, huise afgebrand, die plaaswerkers geïntimideer en die boere aangerand of vermoor het. Dit is ’n hartverskeurende verhaal van trauma en tragedie, maar ook van moed, oor een familie wie se diepe sin vir geregtigheid en onwrikbare Christelike beginsels hulle gedring het om alles in die stryd te werp ter wille van hul huis en hul land.

R 175.00
9781770223554
1.47 mb
Afrikaans
2011-10-05
Penguin Random House South Africa
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.