Die Griekwastad Moorde

Steenkamp, Jacques

EPUB

NUWE UITGAWE: SLUIT DIE VONNISOPLEGGING IN EN MAAK VIR DIE EERSTE KEER DIE MOORDENAAR SE IDENTITEIT BEKEND ... Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is Don maande later vir die moorde gearresteer. Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het …

R 170.00
9781770228511
6.32 mb
Afrikaans
2014-11-05
Penguin Random House South Africa
2
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.