Sasol 300 Maklik Sigbare Voëls in Suider-Afrika

Reynolds, Chevonne

EPUB

Hierdie praktiese, eenvoudige gids tot van die voëls in Suider-Afrika wat die meeste gesien word, is gemik op beginner- en selfs juniorvoëlkykers. Dit is meer toeganklik as ’n volwaardige veldgids, en baie nuttig met eenvoudige teks, duidelike illustrasies en foto’s van 300 van die streeks se voëls wat die maklikste te sien is. Vir elke voël bied die boek: eenvoudige teks met onder meer ‘vind dit;’ ‘identifiseer dit’ en ‘verstaan dit’; illustrasies en foto’s in volkleur; ’n verspreidingskaart; die gewone Afrikaanse naam, wetenskaplike naam en gewone name in Engels en ander Afrika-tale; gemiddelde grootte en besonderhede oor die nes, omraamde teks met bykomende inligting vir sommige voëls. Hierdie kleurryke, tersaaklike boek met bondige aanwysings vir identifisering behoort groot byval te vind by Suider-Afrikaanse voëlkykers en buitelewe-entoesiaste.

R 145.00
9781775843467
46.71 mb
Afrikaans
2015-10-01
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.