Die tale wat ons praat

Fourie, Danny

EPUB

Smutsies en hertzoggies verwys na die koekies wat gebak is om die voormalige eerste ministers J.B.M. Hertzog en Jan Smuts te vereer. Maar het jy geweet dat die Moesliemvroue van die Bo-Kaap ’n proteskoekie genaamd ’n tweegevreetjie geskep het toe Hertzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het? Gholfspelers streef almal daarna om ’n voëltjie of arend te slaan, maar hoeveel mense weet dat jy ook ’n albatros, kondor en volstruis op die gholfbaan kan behaal? Wanneer praat jy van ’n skuifie en wanneer is dit skyfie? Wat is die verskil tussen transkribeer en translitereer? Is die hoofstad van België Brussel of Brussels? Verwissel jy van baan of laan op ’n snelweg? Wanneer is iets skadeloos en wanneer onskadelik? Is dit biljoen of miljard? Hoekom is Afrikaans die enigste taal waar hoofletters aanvanklik in die Bybel gebruik is by voorname wat na God verwys? En waarom het dié gebruik ná die eerste Bybelvertaling verval? Vir jare al, Sondae net ná elf, word dié vrae en nog baie meer in die RSG-program Die tale wat ons praat beantwoord. Want Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nie, en haar sprekers is aktiewe taalskeppers en kreatiewe gebruikers. Hierdie boek kan gelees word as ’n gids ter aanvulling van die radioprogram – ideaal vir trotse Afrikaanssprekendes wat gesteld is op korrekte taalgebruik, maar wat nie geïntimideer wil voel deur die voorskriftelikheid van skoolhandboeke nie. Vir elkeen wat getrou by die radio luister – en almal wat lief is vir Afrikaans!

R 180.00
9781776092345
1.07 mb
Afrikaans
2018-08-01
Penguin Random House South Africa
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.