Hoop, heling & harmonie

Roubaix, Malcolm de

EPUB

Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk. ’n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm word, einde-van-die-lewe-besluite ... en bereik dan die hoogtepunt: Hoop, Heling en Harmonie. Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels in die media bespreek. Covid-19 is vir almal ’n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe broos die mensdom is. Hoop, heling & harmonie is ’n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend aanspreek. Die boek is uniek en siste¬maties, die teks en styl is toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om opnuut oor siekte-ervaring na te dink.

R 230.00
9781776095599
1.21 mb
English, Afrikaans
2020-08-01
Penguin Random House South Africa
1
5
Unauthorised downloading, copying, distribution or exploitation of this content is an infringement of intellectual property rights and may be a criminal offence. Your purchase and download of this content is for your personal use, and you agree not to modify, copy, or share it with any other person.